ONDERSTEUN LEERDERS MET ADHD IN JOU KLASKAMER
Onderwyseres wat ADHD leerders het ervaar die volgende uitdagings:
- Die leerders sal uit hulle beurt praat en nie kan stil sit nie.
- Die leerders sukkel om instruksies uit te voer, veral as dit op 'n lys aan hulle gegee word.
- Huiswerk word nie gedoen nie, omdat die leerders vergeet het om dit neer te skryf.
- Skryf aktiwiteite word gesien as langdurig, verg baie konsentrasie en lei tot frustrasies by die leerders. Leerders met ADHD se fyn-motoriese vaardighede is nie so goed ontwikkeld nie.
- Leerders met ADHD sukkel soms om aan te pas in 'n groep en om saam in 'n groep te werk aan 'n taak.
- Die gedrag van 'n ADHD leerder is soos volg: impulsiewe optree, aandag afleibaar en hiperaktiwiteit.
RAAD VIR JOU KLASKAMER
- Leeromgewing: Plaas die leerder naby aan jou as onderwyser, indien dit
nie sy/haar aandag af trek nie. Plaas ’n maat met goeie werk-gewoontes langs
die individu en beheer die geraasvlakke in die klaskamer. Maak seker die leerder se bank is weg vanaf
stimulasie wat sy/haar aandag kan aftrek; ’n bank by die ruit of teen ’n besige
en kleurvolle bord sal so ’n leerder se aandag maklik aftrek. Motiveer die
leerder gereeld vir sy/haar harde werk en goeie gedrag. Beloon positiewe gedrag
deur motiverings woorde of maak selfs gebruik van ’n beloningskaart, "WOW”-
briefies wat huis toe geneem kan word en later aan die einde van die maand of
kwartaal met iets klein. Moedig self-motivering aan. Maak die klaskamer reëls duidelik en stel ’n
“STOP-DINK-DOEN” metode op in die klaskamer, wat alle leerders moet toepas, sodat
die leerder met ADHD, nie gediskrimineer voel nie. As die hele klas hierdie
metode volg sal dit vir hom/haar ook maklik en lekker wees. Om samewerking, prioritisering en motivering te bevorder, gebruik hierdie webwerf gerus; Class Dojo. Dit is beskikbaar by: https://www.classdojo.com/. Dit kan op die skerm gesit word en die leerders kan hulle groep take verdeel en mekaar beheer. Dit help die onderwyser om die leerders se vaardighede te monitor en deeglike terugvoering aan ouers te gee. Die ouers kan direk betrek word. Die leerders sal die manetjies of goggatjies interessant bevind en mekaar motiveer om harder te werk, sodat hulle op die skerm sien hoe hulle beloon word. Leerders wat ADHD is, sal ook van die groepswerk aktiwiteit hou, omdat hy/sy hulp kry met die werkslading.
- Voorkom aandag afleibaarheid tydens klaskamer bespreking: Daar word aanbeveel om vir ’n leerder met ADHD, ’n voorwerp te
gee wat hy kan vashou, wat nie sy aandag sal aftrek of waarmee hy gaan speel
nie. Indien die leerder se hande of voete besig bly op een of ander manier sal
dit ontslae raak van oortollige energie. Dit sal help dat die leerder langer
stil sit en konsentreer. Byvoorbeeld: gee vir die individu ’n
klein wat hy/sy kan druk soos ’n stresbal (so ontwikkel die leerder ook sy/haar
groot-en-fyn motoriese spiere). Maak net
seker dat daar nie gespeel word met die
bal nie, anders is dit nie die korrekte stimulasie nie.
- Assessering: Beperk die huiswerklading. Stel ’n “Check-list” op wat
hy/sy self afmerk soos wat die werk voltooi word. Dit sal help met
self-motivering en verantwoordelikheid. Leerders met ADHD sukkel soms om
sosiaal te verkeer en het dikwels ’n, Intrapersoonlike Intelligensie, moedig self assessering aan. Laat die leerder ’n
dagjoernaal hou oor sy/haar gevoelens en werk. Die joernaal sal jy as onderwyser/es
ook kan gebruik as ’n manier om die leerder te assesseer en te ondersteun. Indien
die leerder nie daarvan hou om in die joernaal te skryf nie, omdat dit tydrowend en uitputtend is, gee vir hom/haar ’n cd-opname waar hy/sy dan hom/haarself
kan “record”.
- Tydens die formele summatiewe assessering van lees en
geskrewe take: Laat ’n individue wat nie ’n
verwantskap met die leerder het nie, vir hom die teks lees sowel as die vrae
vra. Die leerder kan die individu verbaal antwoord terwyl dieselfde individu
die antwoord neer skryf. Deel take op in kleiner dele, sodat hy/sy nie kan sien
hoe baie is om te doen nie. Laat die leerder opstaan tussen skryf of lees
aktiwiteite, sodat hy/sy nie aandag verloor en die ander klasmaats begin steur nie.
- Leerstyl: Daar moet gefokus word op kinestetiese leerstyl. Leer
moet aktief plaasvind; leerders moet beweeg, voel, praat, ontdek en so voorts om leer effektief te bevorder.
Bring musiek, sing en dans, eksperimente en so meer in die lesbeplanning in.
- Differensieer: Reageer op die leerder se
leerbehoeftes en wees buigsaam teenoor die kurrikulum, onderrig en assessering.
Pas aan by die leerder se hindernis tot leer en neem sy gereedheidsvlak,
belangstelling en leerderprofiel in ag. Skep toepaslike aktiwiteite en moenie die
leerder isoleer vanaf sy portuurgroep nie. Differensieer die inhoud, proses, leeromgewing
en produk. Stel duidelike doelwitte in die klaskamer op, wat bereik moet word
en motiveer sowel as ondersteun die leerder om hierdie doelwitte te bereik.
- Die belangrikste van alles is: KEN JOU LEERDERS!
*Kyk gerus na die video, Sielkunde 388, wat aanlyn beskikbaar is op YouTube. Dit handel oor hoe om leerders te ondersteun in die klaskamer:
*Vir meer inligting oor ADHD, gaan lees gerus hierdie artikel op "Kleuters" se webwerf. Die artikel is deur 'n dokter geskryf en ondersteun die wenke wat ek gee. Dit help jou as onderwyser om leerders met ADHD se behoeftes te identifiseer en te ondersteun. Hierdie artikel sal vir jou 'n goeie bron wees om byderhand te hou. Laai dit vir jou gerus af. Dit is beskikbaar by: http://www.kleuters.co.za/index.php?destination=aandagafleibaarheidsindroom
*Hier is 'n blog wat 30 tegnieke voorstel om die klaskamer te beheer. Dit is baie belangrik dat die klaskamer se geraasvlakke beheer word, sodat leerders met ADHD nie hul aandag verloor nie. Ek het ook kommentaar hier gelewer, Dit is beskikbaar by:
Hier is terugvoer van Marial Jordaan wat kommentaar gelewer het oor my blog:
Hier is 'n survey's wat ingevul is oor my blog, beskikbaar by:
Ek hoop die blog het jou gehelp om leerders met ADHD beter te verstaan.
Goeie begin!Beste wense. Gavin
ReplyDeleteBaie dankie Gavin. Ek het weer bietjie aan die blog gewerk, sien gerus die verwikkelinge. Rene
ReplyDeleteBaie dankie Gavin. Ek het weer bietjie aan die blog gewerk, sien gerus die verwikkelinge. Rene
ReplyDelete